Рет қаралды 792
Op 18 Maart 2022 het Grens Hoërskool hul jaarlikse Pretloop ten bate van hulpbehoewende leerders gehou. Nadat ons dit verlede jaar as gevolg van Covid-19 moes oorslaan, het die leerders dit geniet om hierdie jaar aan verskeie pret aktiwiteite asook 'n "Color Run" deel te neem.
Dankie aan die gemeenskap wat bydraes tot die Pretloop-vorms gemaak het. Ons waardeer jou betrokkenheid.