Рет қаралды 5,359
Lize Beekman het as Afrikaanse musikant en komponis geen bekendstelling nodig nie, maar daar steek meer kuns in die klein liggaam as net musiek. Tydens 'n besonders traumatiese tyd in haar lewe het sy gevoel dat sy nie meer deur middel van musiek uiting aan haar emosies kon gee nie. Op 'n heeltemal spontane wyse het sy begin teken, en saam met die sirkelkuns of mandala's wat daaruit voortgevloei het, het die pad na heling ook begin. Lize se eerste solo-uitstalling as beeldende kunstenaar word van 22 September tot 17 Oktober by die Tina Skukan-gallery in Faerie Glen in Pretoria gehou, en Coenie het met haar gaan gesels oor dié reis.
Wees deel van kykNET se KZfaq kanaal vir soveel meer kykgenot.
Volg kykNET op Twitter: / kyknettv
Like kykNET op Facebook: / kyknet
Besoek www.kyknet.co.za
kykNET bied 'n verskeidenheid van Afrikaanse vermaak - van hope musiek en onderhoude met SA-en internasionale persoonlikhede tot komedie, drama en sepies - daar's iets vir die hele familie!
Skakel in op kanaal 144 vir die beste in vermaak. Kyk net!