Рет қаралды 3
VREDESTOEVLUG
Eufories ervaar ek temidde
van die allegrissimo
van die eb en vloei
die warm allersaligste vloei
deur hartskamers se kou
sielsalig asem ek dit
diep deur my wees
die gròter krag!
eufemisties gesproke...
onbeskryflik groot!
'Goddelike almag'!
soos ontkiemende saailinge
soos toe-blomknoppie
ontkelk vreedsaamheid in my wees
dit breek deur donker-se-swaar
dit vou deur deklaag se blarekombers
soos stokswaaiende dirigente
ontpop brose groen stammetjies
ontluikende Picasso's
en ek smaak die Goddelike almag
Genade onbeskryflik groot!
my God leef!
Hy Leef!
Hý leef, hier in my hart!
Sý gees sal my lei...
deur stormwaters sal ek vasstaan
my geloofsoë geanker
op Sý voorsienigheid
my vredestoevlug!
stellie
©~@Harts.tjoklits
@stellie.harts.tjoklits
Geskryf en geklank deur:
Estelle Holtzhausen