Wes-Kaap skole domineer die SA Skole Spanne! Lê die krag van Skolerugby daar?

  Рет қаралды 1,671

MEGAFOON SPORT! RUGBY

MEGAFOON SPORT! RUGBY

Күн бұрын

Die SA Skole en SA Skole A-spanne wat na afloop van die Cravenweek aangekondig is, word oorheers deur spelers uit die Wes-Kaap, en nie eers uit die dominante rugbyskole nie!
Ons gesels met Nico en Deon oor die Skolespanne wat aangekondig is, watter spanne en spelers uitgestaan het, en oor die Cravenweek oor die algemeen.
Jy is welkom om Ratel Rugby te kontak om jou skool ook op hierdie platvorm te publiseer. Jy kan Ratel Rugby op hul Facebook bladsy besoek ( / ratelrugby ) of ons direk kontak by megafoonsport@gmail.com.
Kom gesels saam oor skolerugby!
Kontakbesonderhede:
share/dKsDSy...
Deon de Kock: 082 854 0779
Nico Luus: 082 565 9358
Epos: info@ratelrugby.co.za
Join this channel to get access to perks:
/ @megafoonsport
Wes-Kaap skole domineer die SA Skole Spanne! Lê die krag van Skolerugby daar?
00:00 Dis die Ratel Rugby Skolerugby Podcast!
00:14 Ons praat oor die Cravenweek
06:09 Watter spanne het uitgestaan?
11:41 Baie spelers is uit posisie gekies
15:53 Sit skolekrag in die Wes-Kaap?
20:58 Spelers wat uitgestaan het
25:24 Hoekom is daar 26 spelers in die span?
29:08 Die beste spelers van die toernooi
29:27 Hoe is die afrigters gekies?
33:36 Die Proteas
megafoon sport,RadioRugby,MW Welman,Simon Riekert,rugby world cup,springboks,raakvat rugby,affies,paul roos,paarl gim,EG jansen,Menlopark,Waterkloof,johan pretorius,Garsfontein,Paul Roos,Grey College,SDC Noordvaal,herbal iceman cooling gel,radiorugby,affies rugby,affies vs paarl gim,ruan jacobs,megafoon,naas botha,ratel rugby,nico luus,deon de kock,Wes-Kaap skole domineer die SA Skole Spanne! Lê die krag van Skolerugby daar?,craven week 2024

Пікірлер: 9
@wlk2408
@wlk2408 22 күн бұрын
Daar is 'n klompie punte wat nie hier genoem was nie. Een, elke span het 23 spelers en elke span speel drie wedstyde en al 23 spelers moet een vol wedstryd speel, soos ek dit verstaan. Jy kan 'n speler 'n helfte in een wedstyd gee en dan nog 'n helfte in die volgende wedstryd maar hy moet een vol wedstryd se tyd speel. Dit maak die loting baie belangrik. Die Leeus en Bulle het mekaar op dag een gespeel so albei spanne moes die eerste wedstryd met hulle sterkste span begin. Die Vrystaat wat in dieselfde kant van die loting was het teen die Griffons in hulle eerste wedstryd gespeel wat beteken hulle kon hulle eerste wedstryd met al hulle "reserwes" speel. Die tweede wedstryd kry Vrystaat toe die Bulle en die Vrystaat kon toe hulle "A" span speel terwyl die Bulle hulle "reserwes" moes speel. Twee, daar is net een groot Afrikaanse rugbyskool in die Vrystaat en dit is Grey. Daar is ook geen groot Afrikaanse rugbyskool in KZN, meeste Afrikaanse rugby seuns van die Noordweste van Noord Kaap, Suide van Noordwes, Suide van Mpumalanga en van die hele KZN moet Grey toe gaan of na 'n Engelse skool as hulle in 'n groot rugbyskool wil wees. Dit gee vir Grey 'n baie groot gebied om van te trek. Grey speel nie eers in die Vrystaat liga nie want die liga is te swak. Grey het 'n klompie jare gelede baie begin werf in die Oos Kaap om "kwota" spelers te kry. Ethan Adams is van PE (hy is ook 'n SA stoei kampioen gewees in PE). Hulle het nou baie "kwota" spelers wat nou beteken soos in die 80's en 90's kan hulle basies die hele Vrystaat Craven Week span wees. Drie, kwotas is 'n realiteit by craven week en baie seuns moet terugstaan oor kwotas. In die laaste tien jaar dink ek sou die beste skolespan van elke jaar Craven Week kon wen of ten minste in die finaal gespeel het. WP domineer Craven Week omdat hulle die beste "kwota" diepte het. Nie blanke Springbok spelers van die laaste vier jaar en die provinsie waar hulle skool gegaan het. WP: Moerat, Ore, Williams, Sacha, Kolbe, Arendse, Van der Merwe, Moodie en Willemse KZN: Nchunu, Phepsi, Jaden Hendrikse, Jordan Hendrikse en Masuku OP: Kolisi, Am en Fassi SWD: Libbok en Gelant Leeus: Dweba Bulle: Bongi Pumas: Nyakane Vrystaat: Ox Grens: Mapimpi Vier is die high performance spelers. My seun het in graad sewe aan 'n rugby toernooi by Marlow deelgeneem en hulle het manne van die high performance daar gehad om kinders te identifiseer. Dit sal dalk goed wees om vir Serfontein wat die ding bestuur te kontak. Op onder 16 is daar al high performance oefeninge en toetse wat seker spelers na genooi word. Die groot skole se kinders het 'n groot voordeel want hulle skole ken die mense en 'n kan maklik hulle kinders daar in kry. Hulle sal nooit erken dit werk nie want dan is hulle hulle werk kwyt. Hulle sal ook sê maar kyk hoeveel van hulle seuns word Springbokke maar dit is 'n swak argument, want hoeveel seuns kon beter gewees het wat nou nie 'n kans gaan kry nie omdat hy nie al op skool selfs laerskool nie raak gesien is nie. Jy gaan baie moeilik bo 'n high performance speler in 'n SA skopespan kom want dit sal wys die high performance ding werk nie.
@megafoonsport
@megafoonsport 22 күн бұрын
Dankie vir dit. Dis baie interessant. Ek sal dit vir Nico en Deon stuur, dan kan ons meer daaroor gesels.
@stephenshort4281
@stephenshort4281 22 күн бұрын
Dis fantasties dat skolerugby so gesond is. As usual, I woke up in English again so that's my quota for the day. In the Western-Cape where I grew up, it is huge. Perhaps the best example is the annual PBHS vs Paarl Gym where thousands pitch up. Once again a brilliant job in facilitating the discussion MW. Dankie
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Interesting that many of the players are not from the Boland though! Wynberg, Rondebosch. Plenty of depth there.
@stephenshort4281
@stephenshort4281 19 күн бұрын
@@megafoonsport Rondebosch vs Bishops and SACS (my late dad's alma mater) vs Wynberg always well supported as well, but not at the scale of PBHS and Paarl Gym. Not sure what the zoning looks like now, but all of these teams were under the ambit of Western Province
@JohanSchmidt
@JohanSchmidt 22 күн бұрын
Daar sal altyd spelers wees wat ongelukkig is om nie gekies te word vir CW nie, maar hulle moet vasbyt want statistiek wys duidelik dat bitter min van self die SA Skole spelers Springbokke word. Baie CW spelers hou op speel na skool as hulle nie opgeneem word in senior provinsiale spanne nie, wat 'n verlies is vir SA rugby. Sal goed wees as SA Rugby strukture in plek kan kry om die gat toe te stop, maar dit sal baie geld kos.
@awviljoen1194
@awviljoen1194 20 күн бұрын
Ek dink nie dis so eenvoudig nie. Kom ons kyk na skole rugby. Is Grey Bloem nie die top rugby skool nie? Of ten minste in top twee. Verder moet ons nie net na CW kyk nie maar ook die Bokkie week in Kroonstad. So baie hang ook af van die keurders. Al wat ek dink is Rugby is gesond. Goeie kompetisie en puik toernooie. Geluk aan al die spanne. Trots op SA skole rugby
@megafoonsport
@megafoonsport 20 күн бұрын
Baie beslis, ek stem saam. Gaan kyk of ons nie met een vd afrigters kan gesels nie
WP XV vs Golden Lions - A Craven Week Classic (2024)
11:23
SCHOOL OF SPORTS
Рет қаралды 36 М.
HAPPY BIRTHDAY @mozabrick 🎉 #cat #funny
00:36
SOFIADELMONSTRO
Рет қаралды 17 МЛН
39kgのガリガリが踊る絵文字ダンス/39kg boney emoji dance#dance #ダンス #にんげんっていいな
00:16
💀Skeleton Ninja🥷【にんげんっていいなチャンネル】
Рет қаралды 8 МЛН
마시멜로우로 체감되는 요즘 물가
00:20
진영민yeongmin
Рет қаралды 32 МЛН
Clowns abuse children#Short #Officer Rabbit #angel
00:51
兔子警官
Рет қаралды 75 МЛН
The Big Tech Show: IDA CEO interview: tariffs and tech overregulation
30:09
Boks vs Ireland 2nd Test Player Ratings
4:45
The True Test
Рет қаралды 2,2 М.
2024 Rugby World XV: Ultimate Team Picked
9:35
Rugby Buzz
Рет қаралды 55 М.
When You Get Injured in The Final🤯🔥
0:19
Best Football Shorts
Рет қаралды 18 МЛН
Месси довели до слез 😭
0:47
КИК Шорт!
Рет қаралды 158 М.