Spoegwolf - Elektriese Kind EP (Luister Sessie)

  Рет қаралды 254,939

Spoegwolf

Spoegwolf

Күн бұрын

© Spoegwolf 2014
Elektriese Kind (EP) is by die iTunes store beskikbaar.
1.) Elektriese Kind (00:00)
2.) Nagmuskiet (3:04)
3.) Geheimpie (6:51)
4.) Agtersitplek (11:12)
Spoegwolf is:
Danie du Toit (Vocals, Kitaar)
Chris von Wielligh (Kitaar, Klavier)
Albert van der Merwe (Bass, Vocals)
Moskou du Toit (Dromme, Vocals)
-------------------
Lirieke:
1.) Elektriese kind
elektriese kind, ek is brawer as wat jy dink
ek het dan saam my broers geloop tot by
die verste punt
dit was baie naby aan jou
die winde kan my waai
hel ek sweer ek sal hier lê
geen watertong sal my kan sluk nie
geen wederkoms kan my ruk nie
nie as jy hier langs my sit nie
sit jy net daai vinger elke nou en dan op
my voorkop
jy kan die kersfeesliggies deur my oë klop
ja, jy kan my lewendig skok
elektriese kind, vir jou is ek nie bang nie
hierdie bibber hou nie lank nie
dis net die hakkel in my long
dit mag dalk lyk asof ek snik
ek verseker jou dis nie dit nie
2.) Nagmuskiet
jy klap die onsigbare nagmuskiet
soos die frons oor jou oë
frons oor jou voorkop skiet
jy sit so kruisbeen oor my werksetiek
soos die dag uit my greep en
dag uit my venster skiet
kyk daar oor die berge
kom die honde aan hul sluier
en hulle 'hoooe'
alles moet sterf
maar ek't ʼn gevoel in my dat ons vir altyd
in hierdie kamer kan bly
en as daai honde kom kan ons twee dalk
net 'hoooe'
3.) Geheimpie
kind, staan bietjie nader, ek is moeg vir die
kamer
die maan deur die venster lyk soos jy
maar ʼn klein bietjie kaler -- jy is dan straler
ag hoor hoe die koerkoer koer soos jy
ag hel, jy dra dan my krale, jou ketting
verhale
onthou jy die aand toe die nag wegsak
kniediep in die son, en ons maats oorstap
van die horison
dit winter nou
ag son, gaan skyn maar jou hart leeg
die stad sal hier weg-leeg
my huisie sal staan op die rand van haar lyf
weinig is beter hier in haar planete
so stadig so stil kan jy maar dryf
4.) Agtersitplek
kykie, kry jou jas
en sit die oond ook af
die stoep se lig kan brand
dis hoe dit altyd was
ja, jou vriende kan maar weet
los ʼn boodskap teen die deur
met daai foto van ons twee
daai valse glimlag breed
die boot is vol met wyn en beskuit
die lakens hang by die venster uit
die plante lek reg oor die agtersitplek
-----------------
Songs en Lirieke geskryf deur Danie du Toit.
Musikale verwerkings en produksie deur Spoegwolf.
Elektriese Kind is opgeneem tydens die somer van 2013 by Sunset Recording Studios, Stellenbosch met die hulp van Jürgen von Wechmar.
www.spoegwolf.com

Пікірлер: 9
@pieterbornman401
@pieterbornman401 9 жыл бұрын
Awesome kêrels!!! Dit maak my weer trots om te sien dat daar nog sulke uitstekende Afrikaanse kunstenaars is wat sulke fantastiese musiek maak. Ek wil nie name noem nie maar meeste van die Afrikaanse komersiele musiek is gemors. 'n Herhaling van 3 lyne sonder ware talent.
@maxgunter6922
@maxgunter6922 10 жыл бұрын
Well done ouens, hou julle page dop vir n Pretoria of Potch show!
@HermannBotha
@HermannBotha 9 жыл бұрын
Julle mag maar! Dit is nou iets nuuts en vars! Ek drink sommer nog twee drankies!!
@gerardhageman2685
@gerardhageman2685 2 жыл бұрын
Prachtige gedichten
@CroNoS9412
@CroNoS9412 2 жыл бұрын
Spoegwolf ek moet eerstins se jy en die ouens is n befokte group ouens!! Elke lied wat ek al geluister het sover wat Jul amal saam speel,, jam Julle Jul Harte uit saam men's Kan dit hoor en sien ek wil net se Dankie Vir Jul Musiek!! Dit het my baie keer gehelp in my lewe en help nogsteeds,,virmy ist meer as net Musiek dis als wat die siel nodig het deur einge tyd.Kry altyd hoendervluis as ek begin saam jam en rond spring met trane in my oe, Asblief ouens Hou an Musiek maak tot Jul amal grys is!!🙈🤣👊✌,, BTW groete van Amerika af ekt 5 jaar treug hierdie kant toe getrek en miss my land vreeslik baie😔,, al weet ek dit ganie so goed nie sal ek altyd lief bly vir my land en taal,, glo my Amerika maag dalk ekonomies sterker wees maar ons land het die beste Kultuur!! En gees met sport en Musiek!! Spoegwolf Jul gee my hoop as ek na Jul luister. Weereens dankie ouens !! Eks bly ekt Jul geviend deur Van Coke se musiek my favorite song is Jul duo Dagdrome in suburbia !!🤘👊 Die live een let wel waar Francios se is eerste keer wat Jul dai song live perform dis net verby Amazing!!🙏
@embrenchiasnyman5703
@embrenchiasnyman5703 8 жыл бұрын
Love julle kan nie wag tot 2 Jullie xxxxxoooooxxxxxx
@meltvanderspuy
@meltvanderspuy 10 жыл бұрын
Awesome verby! Julle ouens rock! Ek kan nie wag om daardie nuwe cd in die hande te kry nie
@danielfourie9083
@danielfourie9083 2 жыл бұрын
en? wat dink jy toe van hom?
@strijdombadenhorst6100
@strijdombadenhorst6100 2 жыл бұрын
@@danielfourie9083 dink hy is stom geslaan
Spoegwolf - Lenie Blou Compilation (I-III / 1-3)
10:31
Spoegwolf Videos
Рет қаралды 401 М.
Spoegwolf - Nagmuskiet
3:49
Spoegwolf
Рет қаралды 401 М.
Always be more smart #shorts
00:32
Jin and Hattie
Рет қаралды 43 МЛН
Heartwarming: Stranger Saves Puppy from Hot Car #shorts
00:22
Fabiosa Best Lifehacks
Рет қаралды 15 МЛН
LOVE LETTER - POPPY PLAYTIME CHAPTER 3 | GH'S ANIMATION
00:15
I CAN’T BELIEVE I LOST 😱
00:46
Topper Guild
Рет қаралды 86 МЛН
Die Heuwels Fantasties - Hoor Jy My
3:27
Die Heuwels Fantasties
Рет қаралды 226 М.
FLITS: Profiel - Spoegwolf
7:01
kyknettv
Рет қаралды 12 М.
Skryf met Danie - Deel 1: DIE WOORDE
19:33
Danie Reenwolf du Toit
Рет қаралды 1,4 М.
Woud
5:04
Spoegwolf
Рет қаралды 289 М.
Deon Meiring - #LeerHoeOm Bekfluitjie Basics met Danie du Toit
12:31
Steve, Bobby, Bok, Jay en Ruhan - Die Land (Amptelike Video)
4:18
Afrikaans is Groot
Рет қаралды 14 МЛН
Spoegwolf - Loerie
3:04
Spoegwolf
Рет қаралды 738 М.
Spoegwolf - Slapende Honde (Official)
4:05
Spoegwolf
Рет қаралды 1,1 МЛН
MVP: Spoegwolf- “Flikker”
3:46
kyknettv
Рет қаралды 84 М.
Say mo & QAISAR & ESKARA ЖАҢА ХИТ
2:23
Ескара Бейбітов
Рет қаралды 1,1 МЛН
ИРИНА КАЙРАТОВНА - АЙДАХАР (БЕКА) [MV]
2:51
ГОСТ ENTERTAINMENT
Рет қаралды 9 МЛН
Jakone, Kiliana - Асфальт (Mood Video)
2:51
GOLDEN SOUND
Рет қаралды 2,3 МЛН
Duman - Баяғыдай
3:24
Duman Marat
Рет қаралды 156 М.
Ozoda - JAVOHIR ( Official Music Video )
6:37
Ozoda
Рет қаралды 9 МЛН
Kobelek
4:11
6ELLUCCI - Topic
Рет қаралды 290 М.
QANAY - Шынарым (Official Mood Video)
2:11
Qanay
Рет қаралды 425 М.